Babiana virescens is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom van Hondeklipbaai tot by Nuwerus en Lutzville voor waar dit deel van die fynbos en sukkulente Karoo-plantegroei vorm. Hier het dit 'n voorkomsgebied van 3 051 km² en daar is verskeie subpopulasies. Reeds is 20% van die spesie se habitat onherstelbaar verander deur mynbou aktiwiteite en dié bedreiging bestaan steeds.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

virescens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika