Die Suid-Afrikaanse Klas 5M2 en Klas 5M2A is elektriese veelvuldige (lokomotief)eenhede wat deur Metrorail gebruik word om pendelspoordienste in die groot stede van Suid-Afrika te verskaf. Die oorspronklike Klas 5M2-treinstelle is tussen 1958 en 1960 deur Metro-Cammell vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebou. Die meeste van dié wat vandag gebruik word, is egter van Klas 5M2A, gebou volgens dieselfde ontwerp deur Union Carriage & Wagon (UCW) van 1962 tot 1985; altesaam 4 447 waens is deur UCW gebou.

Alhoewel die meeste van Metrorail se dienste steeds deur 5M2A's bedryf word, word hulle geleidelik herbou tot die nuwe Klas 10M3, 10M4 en 10M5. Klas 5M2A-waens word tot by die onderraam gestroop, wat dan as basis vir die Klas 10M's gebruik word.

Spesifikasies duimnael|Binnekant van 'n Metro Plus (1ste klas) motortrein Die Klas 5M2's werk op die spoorbaan wat standaard is regdeur Suider-Afrika. Die motorwaens trek 3 000 volt gelykstroom van 'n oorhoofse pantograaf; hulle het 'n kraglewering van 925 kW (1 240 pk) en produseer 158 kN se trekkrag. Die maksimum spoed van 'n 5M2 treinstel is 100 kilometer per uur. 'n Motorwa kan 56 sittende en 110 staande passasiers vervoer, en het 'n tarragewig van 60 ton. 'n Sleepwa kan 52 sittende en 149 staande passasiers vervoer, en het 'n tarragewig van 30,5 ton.

Verwysings

Eksterne skakels