Agapanthus (bloulelies) is 'n blomplant genus wat tot familie Amaryllidaceae hoort. Die genus is inheems aan Suid-Afrika, Eswatini, Lesotho en Mosambiek en is in 1788 deur L'Heritier geskep. Die genus was aanvanklik deel van die familie Liliaceae, toe deel van Amaryllidaceae gemaak, weer geskuif na Alliaceae, toe weer terug na Amaryllidaceae en later is hulle eie familie geskep: Agapanthaceae.http://pza.sanbi.org/agapanthus-praecox

Die naam is afgelei van die Griekse woord agapé wat liefde en anthos wat blom beteken, dus lieflike blom.

Spesies Agapanthus africanus (L.) Hoffmanns. Agapanthus campanulatus F.M.Leight. Agapanthus caulescens Spreng. Agapanthus coddii F.M.Leight. Agapanthus inapertus Beauverd Agapanthus pondoensis F.M.Leight. ex G.D.Duncan Agapanthus praecox Willd. Agapanthus walshii L.Bolus

Verwysings

Bron Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika