Moraea saldanhensis is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en is deel van die Saldanha-strandveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Vredenburgskiereiland voor, van Vredenburg tot by Jacobsbaai. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 50 km² en daar is twee subpopulasies; die totale populasie is kleiner as 50 plante. Die plant word bedreig deur ontwikkeling aan die kus. Dit is vir die eerste keer in 2012 beskryf.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika saldanhensis