Verskeie lede van die Stockenström-familie het oor 'n lang periode 'n besondere bydrae gelewer tot die Suid-Afrikaanse samelewing.

Die bekendste familielede is

Anders Stockenström (Filipstad, Swede, 6 Januarie 1757 – Doornnek, Zuurberg, Oos-Kaap, 29 Desember 1811)

kom in 1782 van Stockholm in die Kaap aan as een van die eerste Sweedse immigrante klerk vir die VOC deur Jan Willem Janssens en Jacob Abraham de Mist aangestel as landdros van Graaff-Reinet hy het 4 seuns en 4 dogters, die oudste seun is die latere sir Andries (eerste baronet)

Sir Andries Stockenström, eerste baronet (Kaapstad, 6 Julie 1792 – Londen, 15 Maart 1864)

Kaapse grensadministrateur (vaandrig, landdros) hy het 6 kinders

Sir Gijsbert Henry Stockenström, tweede baronet (11 Maart 1841 – Kaapstad, 25 Junie 1912)

Lid van die Wetgewende Vergadering van die Kaapkolonie 1891 tot 1910 geen kinders en die sir-titel gaan na die kinders van sy jonger broer, ook Andries

Andries Stockenstrom (regter), (Graaff-Reinet, 22 April 1844 – Swellendam, 22 Maart 1880) kleinseun van Anders, tweede seun van die eerste baronet studeer in die regte in Londen advokaat, regter, prokureur-generaal, 1877 minister van justisie, 1878 lid van die Wetgewende Vergadering van die Kaapkolonie

Sir Andries Stockenström, derde baronet (Graaff-Reinet, 22 September 1868 – Graaff-Reinet, 1 Desember 1922)

seun van Andries (gebore 1844) advokaat Volksraadslid vir Heidelberg, Transvaal, 1910–1912 word derde baronet in 1912 eerste voorsitter van die Staatsdienskommissie, 1912–1915 Volksraadslid vir Somerset, 1915–1920 lid van die beheerraad van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens, 1920–1922

Sir Anders Johan Booysen Stockenström, vierde baronet (1908 – Junie 1957)

hy is die seun van sir Andries, die derde baronet met sir Anders het die baronetskap uitgesterf

Dr. Agidius Eric Stockenström (oorlede Stellenbosch, 17 April 1963)

geskiedkundige, onderwyser, skrywer

Andries Stockenström (predikant) (Prins Albert, 24 Julie 1883 – Ficksburg, 21 Julie 1977)

seun van Andries (gebore 1850) en kleinseun van Erik Egidius Stockenström (1805–1886), die broer van die eerste baronet

Wilma Stockenström (gebore Napier, 7 Augustus 1933)

skryfster, vertaler, aktrise

Kategorie:Vanne Kategorie:Afrikaanse vanne