Die Pandora-dokumente (Engels: Pandora Papers) is 11,9 miljoen uitgelekte dokumente (ongeveer 2,9 teragreep data) wat vanaf 3 Oktober 2021 deur die International Consortium of Investigative Journalists (ICIJ) bekendgestel is. Die nuusorganisasies van die ICIJ beskryf die lekkasie van dokumente as hul mees uitgebreide blootstelling aan finansiële geheimhouding tot nog toe, met dokumente, beelde, e-posse en sigblaaie van 14 finansiële diensondernemings, in lande soos Panama, Switserland en die VAE, oortref hul vorige vrystelling van die Panama-dokumente in 2016, met 11,5 miljoen vertroulike dokumente. Ten tyde van die publikasie van die aanvanklike inligting in koerante, het die ICIJ verklaar dat die bron van die dokumente nie geïdentifiseer sal word nie.
Volgens nuusberigte kan 'n geraamde bedrag van VS$ 32 biljoen (uitgesluit nie-geldelike waardevolle items soos vaste eiendom, kuns en juweliersware) vir die belastingsowerhede weggesteek word.
Sien ook Panama-dokumente
Verwysings
Kategorie:Skandale