Moraea worcesterensis is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort en deel van die fynbos is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Worcester voor. In die oorspronklike gebied waar die plant ontdek is, is dit uitgestorwe weens ontwikkeling. Daar is egter drie ander subpopulasies ontdek rondom Worcester maar hulle word bedreig deur die aanlê van wingerde, verdere ontwikkeling en indringerplante.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika worcesterensis