Pauridia alticola is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Pauridia behoort en is deel van die fynbos en Sukkulente Karoo. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en het 'n voorkomsgebied van 14 824 km². Dit kom vanaf die Hantamberg naby Calvinia, suidwaarts oor die Roggeveldeskarp tot by die Swartruggensberge en die Koue Bokkeveld naby Ceres voor.
Die plant het baie van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing rondom Ceres en in die Koue Bokkeveld.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
alticola Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika