Hesperantha purpurea is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom in die Hantam-Karoo voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1 km² en daar is slegs een populasie wat bedreig word deur oorbeweiding en vertrapping deur vee.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
purpurea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika