duimnael|Von Dessin familiewapen
Joachim Nikolaus von Dessin (* 1704 in Rostock; † 18 September 1761 in Kaapstad) Heese, J.A. & Lombard, R.T.J. 1989. Suid-Afrikaanse geslagregisters. Deel 2, D-G. Pretoria: RGN, bl. 64Tyrrell-Glynn, W. 1968. "Von Dessin". In: De Kock, W.J. (hoofred.). Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Deel I. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, pp. 899 - 890.Spohr, O. 1968. Vater der kapländischen Büchereien: Joachim Nikolaus von Dessin. In: Schleucher, K. (Red.). Deutsche unter anderen Völkern: Pioniere und Außenseiter Darmstadt: Turris-Verlag. S. 141,156 word deur die bemaking van sy 3 856 boekdele (insluitend 9 atlasse en 72 manuskripte)Bax, D. 1970. Zuid-Afrika's eerste openbare verzameling op het gebied van kunst en etnologie 1764–1821. Amsterdam:North-Holland Publishing Company, p. 89 en ander rariteite (Dessiniarium) aan die NG Kerk (Kaapse Kerk), soos in sy testament bemaak op 2 Julie 1761,A.J. van der Aa. 1858. Biographisch woordenboek der Nederlanden. Deel 4. Haarlem: J.J. van Brederode onthou as die grondlegger van die Suid-Afrikaanse openbare biblioteek. Sy "herebiblioteek" was die grootste versameling boeke in die Kaapstad van die 18de eeu, en vorm die kern waaromheen die hele Suid-Afrikaanse biblioteekwese ontwikkel het.Van Wyk, C.B. 1961. Die geskiedenis van die eerste openbare biblioteek in Suid-Afrika. Historia 6 (4): 288-290.
Lewensoorsig Grootwordjare: uit en weer tuis Joachim Nikolaus von Dessin is in 1704 te Rostock gebore uit 'n ou Mecklenburgse aristokratiese familie.Bax, D. 1970. Zuid-Afrika's eerste openbare verzameling op het gebied van kunst en etnologie 1764–1821. Amsterdam:North-Holland Publishing Company, p. 7Immelman, R.F.M. 1968 (1961). Joachim von Dessin: Die Man en sy Boekery. In: Pama, C. (red.). Die Suid-Afrikaanse Biblioteek: Sy geskiedenis, versamelinge en bibliotekarisse 1818–1968. Kaapstad: A.A. Balkema. p. 18 Hy was die oudste van twee seunsSpohr, O. 1968. Vater der kapländischen Büchereien: Joachim Nikolaus von Dessin. In: Schleucher, K. (Red.). Deutsche unter anderen Völkern: Pioniere und Außenseiter. Darmstadt: Turris-Verlag. S. 141–142) van Christian Adolf von Dessin en Margaretha Elisabeth (née Von Hünemörder)Spohr, O. 1968. Vater der kapländischen Büchereien: Joachim Nikolaus von Dessin. In: Schleucher, K. (Red.). Deutsche unter anderen Völkern: Pioniere und Außenseiter. Darmstadt: Turris-Verlag. S. 141) wat in 1702 getroud is. Sy broer, August Christian, is op 15 Januarie 1706 gedoop. Sy vader was 'n offisier (die Duitse bronne gee Kapitän of Hauptmann) in diens van koning Karel XII van Swede. In 1716, toe Joachim twaalf jaar oud was, sterf sy moeder. Sy vader word krygsgevange geneem en leef in 1718 as “Gevangene op Parool” in Rostock; wat totale verarming vir die gesin meebring.Spohr, O. 1968. Vater der kapländischen Büchereien: Joachim Nikolaus von Dessin. In: Schleucher, K. (Red.). Deutsche unter anderen Völkern: Pioniere und Außenseiter. Darmstadt: Turris-Verlag. S. 142) Sy vader tree dieselfde jaar wel in sy tweede huwelik met Catharina Juliana von Klinkowström (oorlede 1739).
Joachim Nikolaus verlaat reeds vroeg die ouerhuis. Een bron vermeld die Markgravin van Brandenburg ('n Pruisiese prinses) het haar oor die 13-jarige ontferm. Gewoonlik word slegs genoem Von Dessin het as 13-jarige tot die hofhouding toegetree, waar hy as page (hofknaap) gewerk het vir die Markgraaf Albert Friedrich von Brandenburg, 'n neef van Koning Frederik I Pruise, en hoe hy later sy skoolopleiding ontvang het aan die Koninklike Joachimsthaler Gimnasium in Berlyn.Resolutions of the Council of Policy of Cape of Good Hope Cape Town Archives Repository, South Africa. C. 99 pp. 2-16 (kyk voetnota)
Ondertussen sit Joachim se vader in 'n versoekskrif (12 Augustus 1718) aan die Hertog Leopold von Mecklenburg sy benarde situasie uiteen. Sy oudste het wel as page tot die koninklike hof van Pruise toegetree, en nog net hier en daar skort iets met sy onderhoud. Sy jongste seun het hy in die sorg van 'n plattelandse predikant gelaat, maar dié knaap is egter op die afdraande pad, tot groot verdriet en kommer van die vader, en juis daarom vind hy troos in sy oudste seun se goeie gedrag en vooruitgang.
Christian Adolf von Dessin skryf op 12 April 1721 aan sy swaer Joachim Otto von Hünemorder oor die vordering en vooruitgang wat sy 17-jarige seun nou maak. En dit strek hom, as vader, tot “eer, vreugde en vertroosting”. Nie alleen is Joachim Nikolaus von Dessin vlytig en deur almal geliefd nie, maar hy is ook goed onderleg in Frans en Latyn.
Christian Adolf von Dessin sterf in 1722.Immelman, R.F.M. 1968 (1961). Joachim von Dessin: Die Man en sy Boekery. In: Pama, C. (red.). Die Suid-Afrikaanse Biblioteek: Sy geskiedenis, versamelinge en bibliotekarisse 1818–1968. Kaapstad: A.A. Balkema. p. 19
Otto Mentzel (wat Von Dessin later weer in die Kaap sou raakloop) onthou sy skoolmaat en tydgenoot in sy reisbeskrywing so:
Oorspronklike Duits Afrikaans (Immelman-vertaling) Ich habe ihn von Jugend auf gekannt. Er ist Anno 1720, mein Coætanus und Schulkamerad bei einem Professor des Joachimthalschen Gymnasii in Berlin, Namens Wencko, einem ehemaligen Jesuiten gewesen, welcher außerhalb dem Gymnasio eine Privat Kostschule heilt. Damals trug dieser Herr Dessin die Livree der Marggräfin Albrecht Königl. Hoheit, und es hieß, diese Prinzeßin wolte ihn studiren lassen; Allein nach Höchstdero seligem Absterben, mochte er wohl sein Unterkommen nicht gefunden haben; denn er war bald und noch sehr jung nach Afrika gegangen, […] Ek ken hom al van my jeug af. In 1720 was hy my tydgenoot en skoolmaat in die Joachim-Gymnasium in Berlyn onder 'n bejaarde Jesuïet, professor Wencke, wat buiten die gimnasium 'n privaat kosskool bestuur het. Von Dessin het destyds die livrei gedra van H.K.H. die markgravin Albrecht, d.w.s. hy is op koste van die Prinses opgevoed. Dit skyn egter dat hy ná haar afsterwe geen pos aan die hof gekry het nie, want kort daarna, toe hy nog bloedjonk was, het hy na Afrika vertrek.
Nog nie, want Von Dessin maak in hierdie jare nou eers sy opgang by die Brandenburgse Hof. Hy word in 1723 tot kamerjonker (of kamerheer) benoem Hy verlaat egter die diens in 1725 en keer na Mecklenburg terug, en leef daar vir ’n rukkie op die erfenissie wat sy moeder gelaat het.Spohr, O. 1968. Vater der kapländischen Büchereien: Joachim Nikolaus von Dessin. In: Schleucher, K. (Red.). Deutsche unter anderen Völkern: Pioniere und Außenseiter. Darmstadt: Turris-Verlag. S. 143)
Daarna gaan hy amptelik op 7 November 1726, as “Jochem Niclaesz Dessin” in die boeke, as soldaat in diens van die V.O.C., op die Ketel aan boord in Amsterdam; ingeskryf teen 'n gasie van nege gulden per maand.Nationaal Archief: VOC: Opvarenden, Voornaam opvarende: Jochem
Iets oor die skip self:
Die Ketel is in 1721 op die Rotterdamse skeepswerf gebou, en vir hierdie vaart gebruik deur die Kamer van Amsterdam. Die skipper agter die stuur is Jacobus Toorn (of Jakob Thoorn).Nationaal Archief: VOC-opvarenden – Jacobus Toorn Hy vertrek uit Texel op 7 November 1726, maar moes blykbaar omdraai, want die skip is vir 'n week lank, vanaf 21 November tot 28 November 1726, terug in Texel. Vier seeliede het gedros, en een soldaat het matroos geword. Die skip het ook in Engeland aangedoen by Portsmouth vanaf 5 Desember tot 19 Desember 1726.Details of voyage 2675.2 from Texel to Batavia Uiteindelik kom die skip in die Kaap aan op 16 April 1727, waar Von Dessin voet aan wal sit,Wendland, W. 1965. Joachim Nikolaus von Dessin. Carolinum 28(42) Sommer. S. 63Mullen, S.J. 1976. J.N. von Dessin and the Dessinian Collection. Lantern (Junie-uitgawe) XXV(4):79Spohr, O. 1968. Vater der kapländischen Büchereien: Joachim Nikolaus von Dessin. In: Schleucher, K. (Red.). Deutsche unter anderen Völkern: Pioniere und Außenseiter. Darmstadt: Turris-Verlag. S. 146) vertrek presies 'n maand later uit die Kaap op 16 Mei 1727 en kom in Batavia aan op 24 Julie 1727. Die reis vanaf Texel tot in die Kaap het dus 160 dae geduur, oftewel 5 maande, 1 week en 2 dae. Die Ketel vertrek eers weer op 26 Oktober 1727 uit Batavia, kom in die Kaap aan op 26 Januarie 1728, vertrek weer op 9 Februarie 1728 uit die Kaap, en kom in Goeree op 14 Junie 1728 aan.Details of voyage 6714.2 from Batavia to Goeree Vergeleke met die vaart tussen Texel en die Kaap, het die terugreis vanaf die Kaap na Goeree dus 126 dae, oftewel 4 maande en 5 dae geduur.
'n Nuwe lewe aan die Kaap Die besluit Dit bly 'n raaisel waarom Von Dessin so 'n radikale besluit geneem het. Om jou uitmuntende geleerdheid en adellike hoflewe as kamerjonker én edelman sommerso te verruil vir 'n hoogs primitiewe bestaan in 'n vreemdelingelegioen, gewoonlik ook nog bevolk deur die jongmans uit 'n armoedige agtergrond, het mense met rede laat gis. Van die geskiedskrywers het 'n paar skote in die donker gewaag, wat geeneen deur bepaalde bewyse gestaaf word nie.
Mentzel voer aan die dood van die Markgravin (sy beskermvrou) het 'n doodloopstraat of uitsigloosheid vir verdere bevordering, opvoeding, ontwikkeling en toekomsmoontlikhede aan die Brandenburgse vorstehuis beteken. Dit bly 'n moontlikheid, al is dit dan ook nie dadelik, soos Mentzel in sy reisbeskrywing beweer het nie.
Ander voer aan die jongman se Wanderlust en avontuurlus/-sin was te groot vir hierdie klein, eng, vervelige, voorspelbare en bekrompe Duitse vorstehuisie, wat tog net sy vooruitgang sou strem. Al het die Goue Eeu reeds 'n paar dekades tevore oorgewaai, is Amsterdam steeds dié trekpleister vir avontuurlustige jongmense, wat gelok is deur verhale van “fabelagtige rykdom van die Verre Ooste”. Die soldatelewe sien wel bietjie anders daaruit.
In dieselfde asem kon die armoede tuis (deur sy vader se gevangesetting) hom na die welvarender Holland gedryf het. Dit was niks ongewoon van sy verarmde standgenote om, net soos hy, by die V.O.C. 'n skoon lei te begin nie. Maar om soldaat te wees, het egter wel beteken jy behoort tot die laagste stand onder die aangesteldes van hierdie Hollandse maatskappy, “die voorspoedigste en grootste handelsonderneming van die eeu.”
Van die ou geskiedskrywers beweer selfs Joachim Nikolaus von Dessin was in 'n tweegeveg betrokke, of 'n geskil en het op die vlug geslaan, maar hierdie stelling word as versinsel beskou. Daar bestaan geen dokument wat hierdie bewering staaf nie. Toe 'n hofsaak buitendien tussen die Von Dessins en die Von Ketelhodts oor erfgrond tien jaar later woed, sou die teenparty ongetwyfeld hierdie puntjie kon opgehaal het. Al wat die Von Ketelhodts egter van Joachim Nikolaus von Dessin af weet, is dat hy nuwe heenkome in Holland gaan soek het toe sy erfgeldjies opgedroog het. Opvallend genoeg is dit wel sy oom, Joachim Christian von Dessin, wat in 1704 in 'n tweegeveg in Hongarye gesneuwel het.
Sosiale opgang Solank Pieter Gysbert Noodt goewerneur van die Kaap was, dien Von Dessin nog as soldaat. Met die afsterwe van die goewerneur in 1729 ontdek die owerheid blykbaar Von Dessin se verborge talente: hy word in daardie jaar van sy militêre diens vrygestel en benoem tot klerk by die Sekretariaat van Justisie teen 20 gulden per maand. 'n Ander bron voer aan hy het gewoon die assistent van die sekretaris van die raad van justisie geword. Uiteindelik kom sy kennis van Latyn tot sy reg: hy sit sy studies nauurs voort en later praktiseer hy as notaris vir byverdienste; die talryke (meer as 300) regsboeke in sy biblioteek getuig daarvan.Immelman, R.F.M. 1968 (1961). Joachim von Dessin: Die Man en sy Boekery. In: Pama, C. (red.). Die Suid-Afrikaanse Biblioteek: Sy geskiedenis, versamelinge en bibliotekarisse 1818–1968. Kaapstad: A.A. Balkema. p. 20