Die rooibloubobbejaantjie (Babiana rubrocyanea) is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae en deel is van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Darling voor. Die plant het tans 'n voorkomsgebied van 120 km² nadat 80% van sy habitat verlore gegaan het aan gewasverbouing. Die bedreiging bestaan steeds en indringerplante en oorbeweiding is ook 'n bedreiging.

Die plantjie lyk amper soos Geissorhiza radians en Geissorhiza eurystigma en word ook soms verkeerdelik kelkiewyn genoem.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

rubrocyanea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika