Geissorhiza platystigma is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Darling voor op matige noordelike hellings. Daar het die plant 'n voorkomsgebied van kleiner as 1 km². Die plant het baie van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en stedelike ontwikkeling. Omrede die plant eers onlangs (2009) beskryf is, is daar onsekerheid oor sy historiese voorkomsgebied. Die plant word bedreig deur 'n gebrek aan brand bestuur en indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

platystigma Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika