Geissorhiza humilis is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van die Kaapse Skiereiland tot by Paarl voor en ook in die Hexriviervallei. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4503 km² en het reeds 80% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en stedelike ontwikkeling. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur indringerplante en verdere ontwikkeling.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

humilis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika