Yigal Allon (10 Oktober 1918 - 29 Februarie 1980) was 'n Israelse militêr en linkse politikus van die Ahdut HaAvoda - Poale Zion- en HaAvoda-partye.
Allon het gebore en grootgeword in Galilea. Tydens die Britse Mandaat van Palestina het hy in 1931 by die Haganah aangesluit, en in 1945 het hy die opperbevelvoerder van die Palmach geword. Na die oprigting van die Tzahal (die Israelse weermag) het hy 'n generaal geword en die Suidelike Kommando gelei. In 1950 het hy die weermag verlaat.
Namens Ahdut HaAvoda - Poale Zion het hy in 1955 in die Knesset verkies en tot sy dood in 1980 'n lid van die parlement gewees. Hy het baie ministersposte beklee, soos as minister van Arbeid (1961-1968), Immigrasie (1968-1969), Onderwys en Kultuur (196-1974), en Buitelandse Sake (1974-1977). Vanaf 1968 tot 1977 was hy die adjunk-premier en in 1969 die waarnemend eerste minister gewees.
Na die Sesdaagse Oorlog het die Allon-plan gepresenteer. In hierdie plan word die Wesoewer verdeel tussen Israel en 'n selfstandige Palestynse gebied, en later tussen Israel en Jordanië, en waarby Oos-Jerusalem by Israel word gevoeg. Die Allon-plan is nie uitgevoer nie.
Eksterne skakels
Knesset se webwerf
Kategorie:Eerste Ministers van Israel Kategorie:Israelse adjunk-premiers Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Israelse militariste Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Generaals Kategorie:Ministers van Arbeid Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Ministers van Immigrasie Kategorie:Ministers van Kultuur Kategorie:Ministers van Onderwys Kategorie:Geboortes in 1918 Kategorie:Sterftes in 1980