Lachenalia polyphylla is 'n meerjarige blomdraende plant en bolagtige geofiet en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 1 723 km² en daar is nege gefragmenteerde subpopulasies. Dit kom vanaf Piketberg tot by Tulbagh voor. Die plant het habitat afgestaan aan die aanlê van graan landerye, lae koste behuising projekte en indringerplante.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

polyphylla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika