Lachenalia barbarae is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet wat endemies aan die Wes-Kaap is. Dit kom in die Haarwegskloof Renosterveld-reservaat voor tussen Bredasdorp en Swellendam. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 4 km² en daar is net een bevolking. Die plant het 'n groot gedeelte van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Biodiversityadvisor
barbarae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika