Disa staerkeriana is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort. Die plant is endemies aan Mpumalanga en kom op Berg Anderson voor waar daar slegs een populasie van ongeveer 30 plante voorkom, op hoogtes van 2160-2231 m. Die gebied word as 'n beskermde gebied bestuur deur die Mpumalanga Departement van Landbou, landelike ontwikkeling, grond- en omgewingsake. Die plant word as uiters seldsaam beskou.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online Africa Orchids

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika staerkeriana