Die Oupa-Met-Sy-Pyp (Disa spathulata) is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en deel is van die fynbos en renosterveld. Die plant is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom van Nieuwoudtville, suidwaarts tot by Bredasdorp en ooswaarts tot by Touwsrivier voor. Graanverbouing het groot gedeeltes van die plant se habitat oorgeneem veral by Caledon, Worcester, Tulbagh, Ceres en Piketberg. Die oorblywende plante groei tussen geploegde lande, boorde en op padskouers. Die presiese stand van die spesie is tans onbekend en sal eers bepaal kan word na 'n omvattende ondersoek.

Daar is twee subspesies: Disa spathulata subsp. spathulata Disa spathulata subsp. tripartita (Lindl.) H.P.Linder

Galery

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika spathulata