duimnael|Bianca Buitendag in 2013. Bianca Buitendag (9 November 1993) is 'n Suid-Afrikaanse professionele branderplankryer. Sy het Suid-Afrika verteenwoordig by die Olimpiese Somerspele 2020, waar sy 'n silwer medalje gewen het in die kortbordkompetisie vir vroue.

Lewe Buitendag is in George, Wes-Kaap, gedurende 1993 gebore. Sy het grootgeword naby die strand van Valsbaai buite Kaapstad. Met haar pa se aanmoediging het sy op agtjarige ouderdom saam met haar twee broers leer branderplank ry. Toe sy twaalf was, verhuis haar gesin na die Suid-Kaap streek.

Sy het 'n graad in rekeningkunde en finansies behaal aan die Northeastern-universiteit, VSA.https://olympics.com/tokyo-2020/olympic-games/en/results/surfing/athlete-profile-n1331359-buitendag-bianca.htm ,Besoek op 30 Julie 2021

In 2015 is haar pa, Collin Buitendag, oorlede. Sy het desnieteenstaande haar beste in haar loopbaan geëindig as vierde beste in die wêreld, volgens die World Surf League se ranglys. Die jaar daarna was sy 12de in die wêreld.

Hoogtepunte in haar branderplanry-loopbaan 2013 8ste posisie WSL 2013 3de Colgate Plax Girl's Rio Pro - Brasilië 2014 7de posisie WSL 2014 3rd Target Women's Maui Pro - Hawaii 2014 2de Roxy Pro Gold Coast - Australië 2015 4de posisie WSL 2015 2nd Swatch Women's Pro - Kalifornië 2015 3rd Van's US Open of Surfing - Kalifornië 2015 2de Fidji Women's Pro - Fidji 2015 2de IO Rio Women's Pro - Brasilië 2016 12de posisie WSL 2017 17de posisie WSL 2018 3de Corona J Bay - Afrika 2019 44ste posisie WSL 2021 2de Olimpiese Somerspele 2020

Verwysings

Eksterne Skakels links Profile in World Surf League Personal Site Surfer Girls - Bianca Buitendag

Notas

Kategorie:Geboortes in 1993 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse branderplankryers Kategorie:Olimpiese deelnemers Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue