Disa klugei is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en is deel van die grasveld. Die plant is endemies aan Mpumalanga en kom voor op die Drakensberg-eskarp by Lydenburg. Hier is daar vier sub populasies. Die plant het reeds 30% van sy habitat afgestaan aan die aanplant van plantasies en woord ook bedreig deur indringerplante en mynbou aktiwiteite.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika klugei