Nota:Dekaan ( "Dean") is ook die benaming van die akademiese hoof van enige universiteitsfakulteit. Dekaan in chemie is 'n koolwaterstof met die chemiese formule , dws. 'n alkaan. Alhoewel 75 struktuurisomere moontlik is vir dekaan, verwys die term gewoonlik na die normaal-dekaan ("n-dekaan"), met die formule CH(CH)CH. Alle isomere vertoon egter soortgelyke eienskappe (vlambare vloeistowwe) en daar word min aandag aan die samestelling van mengsels gegee. Dekaan is 'n bestanddeel van petrol en keroseen. Soos ander alkane, is dit 'n nie-polêre oplosmiddel, los nie op in water nie en is dit maklik brandbaar. Alhoewel dit 'n bestanddeel van brandstowwe is, is dit as 'n chemiese grondstof van min belang, in teenstelling met 'n handjievol ander alkane.
Reaksies Dekaan ondergaan verbranding, net soos ander alkane. In die teenwoordigheid van voldoende suurstof brand dit om water en koolstofdioksied te vorm. 2 + 31 → 20 + 22
Met onvoldoende suurstof word koolstofmonoksied ook gevorm.
Sien ook lys van oplosmiddels
Verwysings
Kategorie:Chemie Kategorie:Organiese chemie Kategorie:Organiese verbindings