Die Assamese skrif is ’n skryfstelsel van die taal Assamees en deel van die Bengaals-Assamese skrif. Dit is ook in Assam en nabygeleë streke gebruik vir die skryf van Sanskrit en ander tale. Dit het uit die Kamarupiskrif ontstaan.
Die huidige vorm van die Assamese skrif is aaneenlopend ontwikkel sedert 5de-eeuse rotstranskripsies wat in ’n oostelike weergawe van die Guptaskrif geskryf is, en aansienlike aanpassings uit die Siddhamskrif is in die 7de eeu aangebring. Teen die 17de eeu kon drie style Assamese alfabette geïdentifiseer word (baminiya, kaitheli en garhgaya), wat saamgesmelt het tot ’n standaardlettertipe wat vir drukwerk nodig was.
Geskiedenis 280px|thumb|links|Die Kanai-boroxiboa-rotsinskripsie uit 1207 toon proto-Assamese letters.
Die Umachal-rotsinskripsie uit die 5de eeu is die eerste teken van skrif in die streek. Rots- en koperplaatinskripsies sedertdien toon 'n stelselmatige ontwikkeling van die Assamese skrif. Teen die 13de eeu het dit proto-Assamese vorme begin ontwikkel. In die 18de en 19de eeu kon die skrif in drie variëteite verdeel word: Kaitheli, wat deur nie-Brahmane gebruik is, Bamuniya, wat deur Brahmane vir Sanskrit gebruik is, en Garhgaya (gebruik deur staatsamptenare van die Koninkryk Ahom). Eersgenoemde was die gewildste, en Middeleeuse boeke soos die Hastir-vidyrnava en die sattras het dit gebruik.
Vroeg in die 19de eeu is die eerste Aramese skrif vir drukwerk ontwerp en 'n standaardlettertipe het ontstaan.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Abugidas