Disa bivalvata is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap en kom van die Kaapse Skiereiland tot by Humansdorp voor. Die plant word tot 30 cm hoog en het tweekleurige blomme, dit blom hoofsaaklik na brande en blom van September tot Januarie. Op sommige plekke word die plant bedreig deur indringerplante.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika bivalvata