Disa aurata is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Langeberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 500 km2 en word gevind op die suidelike hellings by permanente strome op hoogtes van 500 tot 1 000 m. Die plant het tans geen bedreiging nie maar word as seldsaam beskou .

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika aurata