Stefanie Maria "Steffi" Graf (Duits: [ˈƩtɛfiː ˈɡʁaːf], gebore op 14 Junie 1969) is 'n voormalige Duitse professionele vrouetennisspeler. Sy het die posisie van die wêreld No 1 vir 'n rekord 377 weke (meer as 7 jaar) beklee en het 22 Grand Slam-titels gewen, wat tweede tel sedert die bekendstelling van die Ope-era in 1968 en derde na Margaret Court (24) en Serena Williams (23). In 1988 word sy die enigste tennisspeler wat die Golden Slam behaal deur al vier Grand Slam-enkelspeltitels en die Olimpiese goue medalje in dieselfde kalenderjaar te verower. Verder is sy die enigste tennisspeler, manlik of vroulik, wat al die Grand Slam-toernooie minstens vier keer gewen het.

Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Steffi Graf se rughand duimnael|links|upright|Steffi Graf tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2009 Die tabel toon Graf se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope1983 Rondte 1 Rondte 2 K4 K81984 Rondte 3 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 11985 Nie deelgeneem nie Rondte 4 Rondte 4 Halfeindstryd1986 Toernooi nie gehou nie Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie Halfeindstryd1987 Nie deelgeneem nie Wenner Eindstryd Eindstryd1988 Wenner Wenner Wenner Wenner1989 Wenner Eindstryd Wenner Wenner1990 Wenner Eindstryd Halfeindstryd Eindstryd1991 Kwarteindstryd Halfeindstryd Wenner Halfeindstryd1992 Nie deelgeneem nie Eindstryd Wenner Kwarteindstryd1993 Eindstryd Wenner Wenner Wenner1994 Wenner Halfeindstryd Rondte 1 Eindstryd1995 Nie deelgeneem nie Wenner Wenner Wenner1996 Nie deelgeneem nie Wenner Wenner Wenner1997 Rondte 4 Kwarteindstryd Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie1998 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 3 Rondte 41999 Kwarteindstryd Wenner Eindstryd Nie deelgeneem nie

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste Steffi Graf se ITF-profiel Steffi Graf se WTA-profiel

Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Duitse tennisspelers Kategorie:Olimpiese deelnemers