Die botterblom (Sparaxis grandiflora) is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Sparaxis behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Tulbaghvallei voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 591 km² en daar is tans agt tot tien subpopulasies. Die plant het egter reeds 80% van sy habitat afgestaan aan landbou aktiwiteite, veral die aanlê van wingerde. Indringerplante is ook 'n bedreiging.

Subspesies Daar is vier subspesies: Sparaxis grandiflora subsp. acutiloba Goldblatt Sparaxis grandiflora subsp. fimbriata (Lam.) Goldblatt Sparaxis grandiflora subsp. grandiflora Sparaxis grandiflora subsp. violacea (Eckl.) Goldblatt

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

grandiflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika