Kniphofia leucocephala is 'n meerjarige plant wat tot die genus Kniphofia behoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en kom by Richardsbaai voor in die grasveld. Die plant het voorkomsgebied van kleiner as 1 km². Tans is daar slegs een populasie tussen Richardsbaai en St. Lucia.
Die plant het 98% van sy habitat verloor die afgelope 70 jaar aan voorstedelike ontwikkeling, aanplant van plantasies, gewasverbouing en die aanplant van suikerplantasies. Indringerplante word ook 'n bedreiging.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
leucocephala Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika