Stefanus VII (VIII) was die 124ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Weens die statusverandering van Pous Stefanus (II), was Stefanus VII vanaf die begin van die 13de eeu tot 1961 bekend as Stefanus VIII en was hy die 125ste pous. Sien Die spesiale geval van Pous Stefanus (II) vir volle besonderhede.
Biografie Pous Stefanus VII (VIII) is gebore in Rome, Italië die seun van Theudemond. Voor sy verkiesing was hy kardinaal-priester van St. Anastasius.Mann, Horace. "Pope Stephen (VII) VIII." The Catholic Encyclopedia. Vol. 14. New York: Robert Appleton Company, 1912. 21 Mei 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/14290a.htm>. In Desember 928 volg hy Pous Leo VI op en regeer tot sy dood in Februarie 931. Hy word opgevolg deur Pous Johannes XI. Die naam ‘Stefanus’ beteken 'gekroonde'.
Pontifikaat Pous Stefanus VII is verkies deur die invloed van Marozia, waarskynlik om die troon tydelik te vul totdat haar seun Pous Johannes XI pous kon word.
Daar bestaan twyfel oor die wettigheid van Stefanus (en sy voorganger Leo VI) se verkiesing omdat Pous Johannes X nog gelewe het as gevangene in die Engeleburg.
Hy is moontlik vermoor."Stephen VII (or VIII)." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 21 Mei 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9069598 >
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Stefanus VII (VIII)