Leo VI was die 123ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Leo VI is gebore in Rome, Italië die seun van Christoforus uit die familie van die Sanguigna. Voor sy verkiesing was Leo kardinaal-piester van St. Susanna. In Mei 928 volg hy Pous Johannes X op en regeer tot sy dood in Desember 928. Hy word opgevolg deur Pous Stefanus VII (VIII). Die naam ‘Leo’ beteken 'Leeu'.
Pontifikaat Pous Leo VI is tot pous verkies deur die invloed van Marozia."Leo VI." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 20 Mei 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9047792>. Hy het die besluite van die sinode van Split in 926 bekragtig en Split tot aartsbisdom verhef, waardeur alle biskoppe van Dalmasië aan Split ondergeskik geword het.
Daar bestaan twyfel oor die wettigheid van Leo VI (en sy opvolger Stefanus VII (VIII)) se verkiesing omdat Pous Johannes X nog gelewe het as gevangene in die Engeleburg.
Bibliografie Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. .
Verwysings
Eksterne skakels
Nota Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
Leo VI Kategorie:Sterftes in 928