Romulea sabulosa is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die familie Iridaceae behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom op die Bokkeveld-eskarp voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1 km² en het 80% van sy habitat die afgelope 60 jaar aan graan verbouing verloor. Tans word die plant bedreig deur besoedeling en indringerplante.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
sabulosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika