Romulea stellata is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die familie Iridaceae behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Gifberg en Pakhuisberg voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is vyf sub populasies. Die spesie word bedreig deur vertrapping deur toerisme sowel as vee, wildernis voertuie en veranderinge van die watervloei patrone as gevolg van die uitwerking van die rooibostee bedryf.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

stellata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika