Romulea malaniae is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die familie Iridaceae behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die noordelike hellings van die Waboomsberg voor, noordwes van Montagu. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en het baie van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

malaniae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika