thumb|180px|links|’n Stele met ’n Sabese inskripsie. Alabaster, omstreeks 700 v.C., Jemen. Sabees was ’n Oud-Suid-Arabiese taal wat tussen omstreeks 1000 v.C. en die 6de eeu n.C. deur die Sabeërs gepraat is. Dit is as ’n skryftaal gebruik deur ’n paar ander volke van antieke beskawings in Suid-Arabië.
Sabees behoort tot die Suid-Arabiese Semitiese tak van die Afro-Asiatiese taalfamilie.Leonid Kogan en Andrey Korotayev: "Sayhadic Languages (Epigraphic South Arabian)". Semitic Languages. Londen: Routledge, 1997, p. 157–183 Dit word van ander lede van die Oud-Suid-Arabiese groep onderskei deur die gebruik van "h" vir die derde persoon en as ’n kousatiewe voorvoegsel; die ander tale gebruik almal "s1" in dié gevalle. Sabees word dus ’n "h"-taal genoem en die ander "s"-tale.Norbert Nebes en Peter Stein, "Ancient South Arabian" in The Ancient Languages of Syria-Palestine and Arabia. CUP 2008
Sabees is met die Suid-Arabiese alfabet geskryf en het, nes Hebreeus en Arabies, net konsonante gehad.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Semitiese tale Kategorie:Uitgestorwe tale