Trachyandra chlamydophylla is 'n meerjarige plant wat tot die genus Trachyandra behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Darling tot in die Kaapse Skiereiland voor asook Gordonsbaai en Worcester.
Die plant het meer as 70% van sy habitat afgestaan aan stedelike en kus ontwikkeling, indringerplante en landbou aktiwiteite.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
chlamydophylla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika