Trachyandra aridimontana is 'n meerjarige struik wat tot die genus Trachyandra behoort. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap. Dit kom voor in die Richtersveld vanaf Koedoesberg tot by Kodaspiek. Die plant het 'n voorkomsgebied van 405 km² en daar is drie subpopulasies. Die plant word bedreig deur oorbeweiding en vee wat die plant vertrap. Onwettige plant versamelaars is ook 'n bedreiging.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
aridimontana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika