Gladiolus sufflavus is 'n meerjarige geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom voor op die Bokkeveld-eskarp. Daar is drie subpopulasies, reg in die gebied wat vir die kweek van Rooibos tee gebruik word. Gelukkig groei die plante in nat moerasagtige gebiede wat nie sommer deur die boere omgeploeg word nie. Tog is een subpopulasie in 2005 vernietig toe 'n boer die gebied per ongeluk omgeploeg het.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika sufflavus