{| align="right" cellpadding="2" cellspacing="0" style="border:1px solid #88a; background:#CEDAF2; padding:5px; font-size: 85%; margin: 0 0 0.5em 1em; border-collapse:collapse;" ! align="center" colspan="2" style="color: #000000; background: #f7f8ff; padding: 4px; font-size:170%;" | Tübingen 280px |- style="background: #CEDAF2; text-align:center;border-bottom:1px solid #999" | Kaart |style="border-left:1px solid #999"| Wapen |- style="background:white" |rowspan=6| 180px|senter |- style="background: white" |style="border-left:1px solid #999"| 75px|senter |- style="background: #f7f8ff;border-top:1px solid #999; text-align:center;" |style="border-left:1px solid #999"| |- style="background: #CEDAF2; text-align:center;" |style="border-left:1px solid #999;border-top:1px solid #999"| Vlag |- style="background: white; border-top:1px solid #999;" |style="border-left:1px solid #999"| 90px|senter |- style="background: #f7f8ff; border-top:1px solid #999; text-align:center;" |style="border-left:1px solid #999"| |- style="border-top:1px solid #999;" | Land | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | |- style="border-top:1px solid #999;" | Deelstaat | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 20px Baden-Württemberg |- style="border-top:1px solid #999;" | Koördinate | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | |- style="border-top:1px solid #999;" | Stigting | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 1078 (eerste verwysing) |- style="border-top:1px solid #999;" | Stadstatus | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 1231 |- style="border-top:1px solid #999;" | Oppervlakte: | style="background: #f7f8ff" |   |- |  - Totaal | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 108,06 vk km |- |  Hoogte bo seevlak | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 341 m |- style="border-top:1px solid #999;" |- style="border-top:1px solid #999;" |- | Bevolking: | style="background: #f7f8ff" |   |- |  - Totaal (31 Desember 2024) | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 92 322<ref> [https://daten.statistik-bw.de/genesisonline/online?operation=statistic&levelindex=0&levelid=1757432774350&code=12411#abreadcrumb Statistisches Landesamt Baden-Württemberg – Tabellengruppe 12411: Fortschreibung des Bevölkerungsstandes zum 31. Dezember 2024]</ref> |- |  - Bevolkingsdigtheid | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | 854/vk km |- | Tydsone | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | UTC +1 (MET) |- style="border-top:1px solid #999;" |  - Somertyd | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | UTC +2 (MEST) |- | Burgemeester | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | Boris Palmer (O) |- style="border-top:1px solid #999;" | Amptelike webwerf | style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | tuebingen.de

Tübingen (Duits: [ˈtyːbɪŋən], ; Swabies: Dibenga'') is 'n stad in die Duitse deelstaat Baden-Württemberg met 'n bevolking van sowat 92 000 in 2024. Die stad lê suid van Stuttgart langs die Neckarrivier, tussen die noordelike Swartwoud en die Swabiese Alb. Tübingen is veral bekend vir die Universiteit van Tübingen.

Geskiedenis duimnael|links|Die Universiteit van Tübingen Na Tübingen is in 1078 vir die eerste verwys en in 1231 is vir die eerste keer stadstatus genoem. Dit het voorheen aan die keurvorste van Tübingen behoort en in 1342 het dit onder die gesag van die grawe van Württemberg gekom. Die ontwikkeling en verdere geskiedenis van die stad is nou verweef met die lewe van die Eberhard-Karls-Universiteit wat later die Universiteit van Tübingen geword het.

Tübingen is dan ook bekend vanweë die vele geleerdes van naam en faam wat aan dié Universiteit (opgerig in 1477) studeer en doseer. Van hulle is die hervormer Philipp Melanchthon, die botanikus Leonhart Fuchs, die astronoom Johannes Kepler, die filosoof Ernst Bloch en die sosioloog Ralf Dahrendorf. Onder die bekendste professore van die Rooms-Katolieke teologiese fakulteit (van 1817 af) is die teoloog Joseph Ratzinger, wat in 2005 tot pous verkies is.

'n Ander bekende instelling is die Evangeliese Fakulteit, sedert eeue die sentrale protestantse teologiese opleiding in Baden-Württemberg. Beroemde Duitsers soos die digters Friedrich Hölderlin, Eduard Mörike en Wilhelm Hauff, die filosowe Georg Hegel en Friedrich Schelling en die teoloog Johann Valentin Andreae het hier studeer.

Beroemde lutherse teoloë soos Ferdinand Christian Baur en Jürgen Moltmann en die retorikus Walter Jens was as professore aan die universiteit verbonde. Die universiteitsbiblioteek bevat meer as 1600 boeke wat voor 1501 gedruk is, en sowat 5500 manuskripte. Daar is diverse museums, waaronder die klooster Bebenhausen en die Theodor-Haering-Huis (o.m. dokumente betreffende die geskiedenis van die universiteit).

Met die Verdrag van Tübingen (1514) is die eiendomsreg van Württemberg gekodifiseer. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Tübingen grotendeels gespaar gebly van bombardemente, sodat die stad tot vandag toe met 'n onbeskadigde historiese binnenstad kan spog.

Verwysings

Bronnelys Württembergisches Städtebuch. von Erich Keyser. Kohlhammer, Stuttgart 1961, DNB 454817088. Beschreibung des Oberamts Tübingen. Stuttgart, Lindemann, 1867. Bissinger, Magstadt (bei Stuttgart) 1970, DNB 730312054 (in Fraktur). Klaus Beyrer (Hrsg.): Die Reise nach Tübingen. Stadtansichten zwischen 1700 und 1850. Narr Verlag, Tübingen 1987, .

Eksterne skakels

Amptelike webwerf