Henoteïsme (van die Griekse ἑνός θεοῦ henos theou, "van een god") is die aanbidding van ’n enkele, oorkoepelende god sonder om die moontlike bestaan van laer gode te ontken. Friedrich Schelling (1775-1854) het die term uitgedink en Friedrich Welcker (1784-1868) het dit gebruik om primitiewe monoteïsme onder antieke Grieke te beskryf.

Max Müller (1823-1900), ’n Duitse filoloog en oriëntalis, het die term wyer gebruik in sy geskrif oor Indiese gelowe,Müller, Max. (1878) Lectures on the Origin and Growth of Religion: As Illustrated by the Religions of India. Londen: Longmans, Green and Co. veral Hindoeïsme. In laasgenoemde noem en loof geskrifte verskeie godhede asof hulle ’n opperste goddelike essensie is.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Teïsme