Gladiolus malvinus is 'n meerjarige geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort. Die spesie is endemies aan Mpumalanga en kom tussen Dullstroom en Belfast voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 400 km². Die plant het van sy habitat afgestaan aan die aanplant van plantasies en word tans bedreig deur indringerplante, veral die swartwattel (Acacia mearnsii).

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika malvinus