Gladiolus aureus is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en word gevind op die Kaapse Skiereiland. Die plant het 80% van sy habitat verloor sedert 1980. Daar is 'n paar redes daarvoor: onttrekking van grondwater en indringerplante, die acacia's. Die plant is ook oorbenut deur blomverkopers terwyl informele behuising ook 'n gedeelte van die habitat beset het.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika aureus