Watsonia amabilis is 'n plant wat tot die genus Watsonia behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom vanaf die Paarl tot by Sir Lowryspas. Die plant was as uitgesterf beskou maar is herontdek op 'n plaas naby Stellenbosch. Die plant het sy habitat verloor as gevolg van stedelike ontwikkeling en landbou aktiwiteite. Dit word ook verder bedreig deur brande en indringerplante.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika amabilis