duimnael|Vitalk Buterin in 2016. Vitaly Dmitriyevich "Vitalik" Buterin (Russies: Виталий Дмитриевич Бутерин; gebore op 31 Januarie 1994) is 'n Russies-Kanadese programmeerder en skrywer wat veral bekend is as een van die medestigters van Ethereum. Buterin het vroeg in die ontstaan van kriptogeldeenhede daarby betrokke geraak en Bitcoin Magazine in 2011 gestig.In 2014 het Buterin Ethereum van stapel gestuur.

Persoonlike lewe Buterin is in Kolomna, Rusland, gebore as seun van Dmitri Buterin, 'n rekenaarwetenskaplike, en Natalia Ameline (gebore Chistyakova). Hy het in die omgewing gewoon tot die ouderdom van ses toe sy ouers na Kanada geëmigreer het op soek na beter werksgeleenthede. Terwyl hy in graad drie van die laerskool in Kanada was, is Buterin in 'n klas vir begaafde kinders geplaas en was hy aangetrokke tot wiskunde, rekenaarprogrammering en ekonomie.

Buterin het vier jaar die Abelard-skool, 'n privaat hoërskool in Toronto, bygewoon.

Buterin het op 17-jarige ouderdom meer van Bitcoin geleer van sy vader. In 2012 verower hy 'n bronsmedalje in die Internasionale Olimpiade in Informatika. In 2013 het hy ontwikkelaars in ander lande besoek wat sy entoesiasme vir programmering gedeel het. Hy keer later dieselfde jaar terug na Toronto en publiseer 'n witskrif waarin Ethereum voorgestel word. Hy studeer aan die Universiteit van Waterloo waar hy 'n assistent vir die kriptograaf Ian Goldberg was. Hy staak in 2014 sy studies toe hy 'n toekenning van $ 100 000 van die Thiel Fellowship ontvang, 'n beurs wat deur waagkapitalis Peter Thiel geskep is en voltyds aan Ethereum begin werk het.

Op 25 Junie 2017 was Buterin die onderwerp van 'n vals doodsberig afkomstig van 4chan.

Op 30 November 2018 ontvang Buterin 'n eredoktorsgraad van die Fakulteit Besigheid en Ekonomie van die Universiteit van Basel ter geleentheid van die Dies Academicus.

Verwysings

Kategorie:Kanadese entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1994 Kategorie:Lewende mense