Die Ertjieskloofdam (dikwels verkeerdelik die Coetzenburgdam genoem) is 'n dam by Stellenbosch op die westelike hellings van die Hottentots-Hollandberge.
Hierdie dam is aan die suidekant van die kampus van die Universiteit Stellenbosch by die Coetzenburg-stadion. Rondom die dam is daar 'n netwerk van voetpaaie en goeie geleentheid vir bergfietsry.
Dit is in 1960 gebou en skep 'n meer met 'n maksimum volume van 78 000 m³.
Die dam sowel as die nabygeleë Welgevallendam (Paul Roos-dam) is die eiendom van die universiteit en het beide reg op 'n kwota water uit die Eersterivier. Met hierdie water word sekere sportvelde besproei.
Kategorie:Stellenbosch Kategorie:Damme van Suid-Afrika