Andile Lucky Phehlukwayo (gebore op 3 Maart 1996) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy was deel van Suid-Afrika se groep vir die IKR o/19-krieketwêreldbeker in 2014 en ook ingesluit in die KwaZulu-Natalse krieketspan vir die 2015 T20I-Afrikabeker. Hy het in September 2016 sy internasionale buiging vir die Suid-Afrikaanse krieketspan gemaak en onder meer tydens die Kampioenetrofee 2017, asook die krieketwêreldbekertoernooie in 2019 en 2023 vir Suid-Afrika gespeel.

Internasionale loopbaan Hy is in September 2016 ingesluit in Suid-Afrika se EDI-groep vir hul reeks teen Australië en het sy ODI-buiging vir Suid-Afrika teen Ierland op 25 September 2016 gemaak. In Januarie 2017 is hy in Suid-Afrika se Twintig20 Internasionale (T20I)-groep opgeneem vir hul reeks teen Sri Lanka. Hy het op 20 Januarie 2017 sy T20I-debuut vir Suid-Afrika teen Sri Lanka gemaak.

Verwysings

Eksterne skakels Andile Phehlukwayo by ESPNcricinfo

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1996 Kategorie:Lewende mense