Justin Fox (gebore 4 Mei 1967) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, fotojoernalis en dosent van Kaapstad. Hy was tot in 2020 redakteur van die tydskrif Getaway en het internasionaal vryskutwerk vir baie koerante en tydskrifte gedoen.

Lewe en loopbaan Fox is die seun van die bekende Kaapse argitek Revel Fox en sy vrou, Suzanne, die broer van die aktrise Grethe Fox en die susterskind van onder andere Uys Krige en Francois Krige. Hy het aan SACS gematrikuleer en in 1990 ’n B.A.-graad met Engels as hoofvak aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Hy het in 1991 ’n Rhodes-beurs gekry en het ’n meesters- en doktorsgraad in Engels aan die Universiteit van Oxford behaal.

Fox het in 1998 by Getaway begin werk en was van 2018 tot 2020 redakteur van die tydskrif. Hy is die skrywer van meer as ’n dosyn boeke, wat wissel van reisIsaac Ndlovu Reviews The Marginal Safari by Justin Fox en kinderboeke tot fotografie en fiksie.

In sy boek The Impossible Five word Suid-Afrika se mees ontwykende diere behandel, insluitend die Afrikaluiperd, erdvark, Suider-Afrikaanse ietermagog, witleeu en oewerkonyn. Dit is byna onmoontlik om hulle in die natuur op te spoor en om een te sien word as ’n prestasie beskou.

Pryse en benoemings 1991: Gekies as Rhodes-beurshouer vir die Universiteit van Oxford 1999: Wenner van ’n Mondiprys vir joernalistiek 2004: Wenner van ’n Mondiprys vir joernalistiek 2006: JM Coetzee-PEN-kortverhaalprys, derde plek 2009: PICA-reisskrywersprys van die jaar, naaswenner 2011: Alan Paton-prys vir niefiksie, lang lys vir The Marginal Safari 2012: Olive Schreiner-letterkundeprys, lang lys vir The Marginal Safari 2012: PICA-reisskrywersprys van die jaar, naaswenner 2012: ANFASA-beurs vir niefiksie 2014: Etisalat-letterkundeprys, lang lys vir Whoever Fears the Sea 2014: Patricia Schonstein-"Poetry in McGregor"-pryswenner

Bibliografie The Cape Raider The 30-Year Safari My Great Expedition Mijn Kleine Safari Secret Cape Town The Impossible Five The Hobbsian Line Whoever Fears the Sea: A Novel African Epic: The Untamed Mountain-Bike Race The Marginal Safari: Scouting the Edge of South Africa Africa Lens: 20 years of Getaway Photography Cape Town Calling Under the Sway: a Photographic Journey Through Mozambique Just Add Dust: Overland from Cape to Cairo The Best of Getaway Gallery With Both Hands Waving The Life and Art of François Krige Revel Fox: Reflections on the Making of Space

Verwysings

Skakels Amptelike webtuiste Justin Fox – Whoever Fears the Sea (2013) The Impossible Five "Travel Writing with Justin Fox"

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Joernaliste