Die Majaphutibrug is op die R726-streeksroete oor die Oranjerivier.
Hierdie enkelbaan-staalbrug is naby die nedersetting Walaza tussen Sterkspruit in die Oos-Kaap en Zastron in die Vrystaat. Dit is by die koördinate en net suidwes van waar die Kornetspruit (Makhalengrivier) in die Oranje vloei, wat dan ook die grenspunt is tussen Lesotho, die Vrystaat en die Oos-Kaap.
Sien ook Lys van kruisings oor die Oranjerivier
Kategorie:Oos-Kaap Kategorie:Vrystaat Kategorie:Brûe in Suid-Afrika