Accra 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Streek 23px Greater Accra Region Koördinate Stigting 15de eeu Oppervlakte: - Totaal 173 vk km Hoogte bo seevlak 61 m Bevolking: - Totaal (2013) 2 291 352 - Geskat (2020) 4,2 miljoen - Bevolkingsdigtheid 9 589/vk km Tydsone UTC +0 Burgemeester Alfred Vanderpuije Amptelike webwerf ama.gov.gh
Accra is die hoofstad en grootste stad van Ghana met 'n geskatte stedelike bevolking van 4,2 miljoen in 2020 en 'n oppervlakte van 173 km². Dit is Ghana se grootste stad en die administratiewe, kommunikasie-, en ekonomiese middelpunt van Ghana. Die primêre ekonomiese aktiwiteite is finansiële en regeringsdienste, kommunikasie, konstruksie, vervoer en landbou (veral visserye). Meer as 70% van Ghana se vervaardigingskapasiteit is in die hoofstad.
Die stad Accra is die hoofstad van Ghana sedert 1877, en bevat openbare geboue wat die oorgang van 'n negentiende-eeuse voorstad van Victoriasborg tot die moderne metropolis wat dit vandag is weerspieël.
Etimologie Die woord Accra is afgelei van die Akan-woord 'Nkran' wat beteken 'miere', 'n verwysing na die talle miershope wat op die platteland rondom Accra gesien word.
As 'n kusstad is Accra kwesbaar vir die impak van klimaatsverandering en die styging in seevlak, met bevolkingsgroei wat toenemende druk op die kusgebiede plaas.Using climate information to achieve long-term development objectives in coastal Ghana and Mozambique . Climate & Development Knowledge Network. Retrieved 16 April 2015
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Nedersettings in Ghana Kategorie:Voormalige Deense kolonies Kategorie:Hoofstede in Afrika Kategorie:Voormalige Nederlandse kolonies Kategorie:Voormalige Portugese kolonies