duimnael| Uitsig op 'n gedeelte van Karkloofwoud en plato duimnael|Die Karkloofwaterval, 1898 Die Karkloof-natuurreservaat, insluitend die Karkloofwoud, is 22 km noord van Howick, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika geleë.
Dit bestaan uit 'n groot (936 ha) misgordelwoud met inheemse geelhout- (Afrocarpus falcatus, Podocarpus latifolius en Podocarpus henkelii) en stinkhoutbome (Ocotea bullata).
Wildlewe sluit in samango-ape, blouduiker en bosbokke. Kroonarende (Stephanoaetus coronatus) broei hier, en die bedreigde Kaapse woudpapegaai (Poicephalus robustus robustus) kom ook hier voor.
Endemies aan die gebied is 'n subspesie van die kuifkoptarentaal (Guttera edouardi symonsi),M. J. Lawes, S. Fly & S. E. Piper, (2005). Gamebird vulnerability to forest fragmentation: patch occupancy of the crested guineafowl (Guttera edouardi) in Afromontane forests. en 'n dwergverkleurmannetjie (Bradypodion sp.) wat verwant is aan die Natalse Middellandse dwergverkleurmannetjie en die swartkopdwergkameleon.
Ander voëls wat hier aangetref word, is onder meer die Knysnaloerie (Tauraco corythaix), gestreepte kanarie (Crithagra scotops), witkoljanfrederik (Pogonocichla stellata), oranjelyster (Zoothera gurneyi), draaihals (Jynx ruficollis), goudstertspeg (Campethera abingoni) en breëkoparend (Polemaetus bellicosus).
Sien ook Woude van KwaZulu-Natal Karkloof-varkblompylstert
Verwysings
Bronne Pooley, E. (1993). The Complete Field Guide to Trees of Natal, Zululand and Transkei. ISBN 0-620-17697-0 . Tolley, K. en Burger, M. 2007. Chameleons of Southern Africa. ISBN 978-1-77007-375-3.
Kategorie:Natuurreservate in KwaZulu-Natal