Elarduspark is 'n voorstad in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Elarduspark is geleë tussen die woonbuurte Erasmusrand, Pierre van Ryneveldpark, Rietvalleirand en Wingate Park.

Elarduspark is genoem na Daniel Jacobus Elardus Erasmus van die plaas Randjesfontein naby Pretoria, wat in 1897 lid was van die kommando wat sir Leander Starr Jameson tydens die Jameson-inval aangekeer het.

Sien ook Elarduspark-tennisklub

Eksterne skakels Elarduspark NG Kerk Laerskool Elarduspark

Verwysings

Geografiese ligging

Kategorie:Voorstede van Pretoria