De Fryske Marren (die amptelike, Wes-Friese naam; die Nederlandse naam is De Friese Meren) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Friesland, met 'n bevolking van sowat 52 000 in 2021 en 'n oppervlakte van sowat 549 km².

Die munisipaliteit is gestig in 2014 deur die samevoeging van die munisipaliteite Gaasterlân-Sleat, Lemsterland, Skarsterlân en (gedeeltelik) Boarnsterhim. Joure is die administratiewe setel van die munisipaliteit.

De Fryske Marren lê in die suidweste van die provinsie aan die Ysselmeer en grens aan die provinsies Overijssel, Flevoland en Noord-Holland.

Plekke Akmarijp, Bakhuizen, Balk, Bantega, Boornzwaag, Broek, Delfstrahuizen, Dijken, Doniaga, Echten, Echtenerbrug, Eesterga, Elahuizen, Follega, Goingarijp, Harich, Haskerhorne, Idskenhuizen, Joure, Kolderwolde, Langweer, Legemeer, Lemmer, Mirns, Nijehaske, Nijemirdum, Oldeouwer, Oosterzee, Oudega, Oudehaske, Oudemirdum, Ouwsterhaule, Ouwster-Nijega, Rijs, Rohel, Rotstergaast, Rotsterhaule, Rottum, Ruigahuizen, Scharsterbrug, Sint Nicolaasga, Sintjohannesga, Sloten, Snikzwaag, Sondel, Terherne, Terkaple, Teroele, Tjerkgaast, Vegelinsoord en Wijckel.

Naburige munisipaliteite

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Munisipaliteite in Friesland